Rolbalspanne van regoor Oos-Kaap by M’burg toernooi

DIE Middelburg-rolbalkub het van 10 tot 11 Maart die jaarlikse Viking Trips Classic in Middelburg aangebied.


DIE Middelburg-rolbalkub het van 10 tot 11 Maart die jaarlikse Viking Trips Classic in Middelburg aangebied.

Altesaam 16 spanne van so ver as Jeffreysbaai, Kirkwood, Port Elizabeth, Hanover en Steynsburg het aan die opwindende twee-dag toernooi deelgeneem.

Vir 2018 is daar reeds vier meer spanne as in 2017 ingeskryf en die klub hoop dat die Viking Trips Classic jaarliks net nog groter sal word.

Die rolbalklub het Izak Joubert en sy span van Viking Trading vir hul reuse borgskap en bydraes, wat die naweek so suksesvol gemaak het, bedank. Die pryse is deur Liebie Fourie namens Viking Trading oorhandig.


Uitslae:

Eerste plek: Abri Joubert se Middelburgspan (met Erica Joubert en Willie van Heerden)

Tweede plek: Anno Nortjé se Kirkwoodspan (met Piet du Preez en Frikkie Terblanche)

Derde plek: Carl Vermeulen se Port Elizabethspan (met Johann Strombeck en Dan Thysse)

Vierde plek: Grant Naudé se Hanoverspan (met André en Zaretha van Zyl)

Vyfde plek: Vivian van Zyl se Jeffreysbaaispan (met Martie Joubert van Zyl en Tony van Zyl)

Gholf

Middelburg-gholfklub se opedag het op Saterdag, 10 Maart plaasgevind. Die wenners was:

TP Haarhoff eerste op 112 houe

T van Rooyen eerste op 63 punte

P Bardenhorst tweede op 112 houe

R Venske tweede op 62 punte

Luis Correia van Middelburg Tyre Centre het die toernooi geborg.

You need to be Logged In to leave a comment.