DIE Schoombee Primêre Skool in die Hofmeyr-distrik het ná die onlangse skoolva-kansie ’n reuse skenking ontvang toe daar skoolklere by hul skool afgelewer is.
Die Laerskool Van Rheede op Oudtshoorn, onder leiding van Nelia Stadler, het die skenking georganiseer.
Dit is tydens Paasnaweek na Hofmeyr gebring vir oorhandiging aan leerders wat nie skooldrag het nie.