Seun (13) verdrink by Gill-swembad

DIE kranige jong rugbyspeler, Leonardo Miggels (13) wat onlangs in die Gill-swembad op Somerset-Oos verdrink het, is op Saterdag, 13 Oktober, uit die VG Kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos begrawe.


DIE kranige jong rugbyspeler, Leonardo Miggels (13) wat onlangs in die Gill-swembad op Somerset-Oos verdrink het, is op Saterdag, 13 Oktober, uit die VG Kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos begrawe.

Die tragedie het hom afgespeel toe ’n groepie kinders blykbaar ’n spele-tjie gespeel het om te kyk wie kan hul asem die langste onder die water op-hou.

Leonardo het in die swembad ingeduik en net nie weer opgekom nie. Toe sy maats besef daar is moontlik ’n probleem het hulle vir die opsigter, Tommie Marx, daarvan vertel. Hy het dadelik hulp ontbied.

Die polisie en die ambulansmanne was gou op die toneel. Sig is egter belemmer deur die swembad se troebel water.

Twee manne het ingeduik, maar kon hom nie vind nie. ’n Treklyn is toe gebruik en die seun se liggaam is van die diep kant na die vlak kant gebring en uitgehaal.

Leonardo se pa, Leon, en sy ma, Regina (Vroutjie), het vertel dat Leonardo altyd geglimlag het en ’n goeie kind was.

Hy was by W.G. Olivier op laerskool en vanjaar by Aeroville Hoërskool. Hy het in 2017 asook vanjaar sy OP-kleure vir rugby verwerf.

Voorts is hy pas op die prysuitdeling van Aeroville Hoërskool, as Sportman van die Jaar aangewys.

Volgens sy ouers was hy ’n goeie swemmer en kan hulle nie glo dat hy sy lewe in die swembad verloor het nie.

Leonardo laat sy ouers en 2-jarige boetie, Reraleon, na.

You need to be Logged In to leave a comment.