Simon se voortreflike resep

VANDAG het ons nie soseer ’n resep nie, maar Simon Barkhuizen van Cradock gee vir ons wenke oor hoe om ’n skaapribbetjie te braai dat jy letterlik jou vingers wil afeet.


VANDAG het ons nie soseer ’n resep nie, maar Simon Barkhuizen van Cradock gee vir ons wenke oor hoe om ’n skaapribbetjie te braai dat jy letterlik jou vingers wil afeet.

Simon werk by die plaaslike tak van BKB en hy is die oupa van onder andere ’n drieling – twee dogtertjies en ’n seuntjie. Hy word beskryf as ’n man wat lief is vir jag en mense.

Hy is ook ’n gesinsman wat baie lief is om kos te maak. Sy vriende sê hy is die sout van die aarde.


Simon se skaapribbetjie:

Jy neem een skaapribbetjie (lekker vet as jy daarvan hou) en sny blokkies op die bokant soos op die foto.

Sprinkel bietjie asyn oor.

Vryf dan goed in met gewone biltongspeserye wat jy by enige supermark kan koop en hang die rib vir drie dae op tot dit winddroog is.

Drup twee keer suurlemoensap oor die rib wanneer jy dit braai.

You need to be Logged In to leave a comment.