FRANCOIS du Toit, ’n sjef wat al die wêreld vol gereis, gekook en gebak het, is van Februarie af die hoofsjef by The Palms, Cradock se gastehuis wat ook voorsiening maak vir ont-hale en ander byeenkomste.
Hy sê hy is bekoor deur die Karoo en alhoewel Karoolam voortreflik is, werk hy graag met volstruisvleis omdat dit baie gesond en smaaklik is. Francois het toevallig ook al by The Palms Hotel in Pretoria gewerk.
Volstruis-steak met rooiwynsous
Berei eers die sous
Rooiwynsous:
Bestanddele
2 eetl olie
1 groot ui, opgekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
½ k goeie rooiwyn
410g blik heel (geskilde) tamaties
1 k tamatiesous
½ k worcestershiresous
¾ k vrugteblatjang
2 eetl asyn
Metode
Soteer ui in warm olie tot sag, voeg die knoffel by en braai vir ’n paar minute – moe-nie dat die knoffel brand nie. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 30 minute.
Steak:
Bestanddele
6 x 180g Volstruis-steak
Olyfolie
Seesout
Growwe swart peper
Metode
Vryf olyfolie oor die steak, geur met sout en peper na smaak. Seël al die kante van die steak in warm pan. Plaas die steaks in ’n oondbak. Gooi die sous oor en bedek met foelie. Bak vir 45 minute vir medium gaar steaks.