Van links is Shena MacDonald wat vanaf KwaZulu-Natal die kursus op Hofmeyr kom aanbied het, saam met Sanet Coetzer met haar protea, Janet Kingwill met rose, Bronwyn Langmead met haar treffende Queen of the night, Rosemary Jordaan met haar liggeel poppies en Lynne Edwards met ‘n treffende blou iris. Voor van links sit Ria Jansen met haar dahlia en Teresa Opperman met haar pienk peony. FOTO:VERSKAF


SHENA MacDonald het op haar onlangse Flower Encounter-toer ook op Hofmeyr aangedoen, en die afgelope week haar Flower Encounter-skilderopleiding in die NG Kerksaal op die dorp aangebied.

Sewe vroue het die geleentheid bygewoon. Besprekings vir die kursus is reeds in Desember gemaak en Sanet Coetzer het die reëlings op Hofmeyr hanteer.

Die kunstenaars het reeds vroeg Januarie besluit watter blomme hul wil skilder, en vir drie dae was dit al wat hulle op ’n daaglikse basis gedoen het.

Alle skilderye is op groot gespande doeke gedoen en olieverf is as medium gebruik.

Shena se Flower Encounter-ervaring kan besigtig word op Facebook, waar sy volledig verslag doen oor haar toere deur die lengte en breedte van Suid-Afrika.

Sy het in Indië met die kursusse begin in samewerking met haar tweelingsuster Alanna.

You need to be Logged In to leave a comment.