Die Michausdal Primêre Skool is baie trots op hul skolierpatrollie. Hierdie leerders verrig ’n baie belangrike taak deurdat hulle die verkeer beheer om leerders, asook lede van die publiek veilig oor die straat te kry. Hierdie leerders is ’n halfuur voor die skool begin al op hul pos. Die voetoorgang by die skool is op ’n draai en baie motoriste ry net eenvoudig oor die voetoorgang. Heleen Smith, die koöordineerder van hierdie groep leerders is dankbaar teenoor elke voetganger en motoris wat die reëls gehoorsaam en doen ook ’n beroep op die res van die motoriste om dit ook te doen. Die skool sê ook groot dank aan “Kef” wat as ouer vrywillig kom help. Foto:verskaf


Die skool is baie trots op die skolierpatrollie. Hierdie leerders verrig `n baie belangrike taak deurdat hulle die verkeer beheer om ons leerders asook lede van die publiek veilig oor die straat te kry. Hierdie leerders is `n halfuur voor die skool begin al op hul pos. Ongelukkig is daar lede van die publiek wie nie die padreels gehoorsaam nie. Die oorgang is op `n draai en baie motoriste ry net eenvoudig oor die voetoorgang, al hou die skolierpatrollie die stopteken uit.

Mev. Heleen Smith, die koordineerder van hierdie groep leerders is dankbaar teenoor elke voetganger en moteris wie die reels gehoorsaam en doen ook `n pleidooi op die res om dit ook te doen. Ook groot dank aan “Kef” wie as ouer vrywillig kom help.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article