Fort Beaufort

  • Joey Boucher (88) en haar dogter Bessie (67) het onlangs hul huis van die hand gesit en by die Thatcher-ouetehuis hul intrek geneem. Ouma Bessie se oorlede eggenoot het plaaslik 32 jaar lank vir die spoorweë gewerk. Tannie Jean Marx wens hulle namens die Fort Beaufort-gemeenskap alles wat mooi is in hul nuwe omgewing toe en bedank ook vir Stefanie van den Heever vir haar bystand.
  • Margaret White het die afgelope Maandag, 9 April haar 60ste verjaardag gevier. Ons wens haar nog sommer baie jare van vrede en geluk toe. Geluk ook aan Brian Adonis wat op dieselfde dag verjaar het.
  • Congratulations to Fr. Selwyn Francis of St. Michael’s Catholic Church who recently celebrated his birthday and his 10th anniversary of priestly ordination.


) Hou vir Cecil Sammy van Adelaide, wat tans nie goeie gesondheid geniet nie, in gebed.

  • Motoriste word herinner aan padwerke op die R63 en R67. Dis onderskeidelik die hoof-roetes tussen Fort Beaufort en Grahamstad, asook Fort Beaufort en Queenstown. Redelike vertragings vind tans op hierdie twee roetes plaas.
  • Fort Beaufort het onlangs afskeid ge-neem van twee van sy geliefde inwoners, Moses Roussouw (88) en Denzil du Plessis (63).

Hofmeyr

  • Albert en Poppie van Heerden het altesaam 111mm reën die afgelope week gemeet. Geen skade is aangeteken nie.
  • Rhyn en Estelle Kruger het ’n gesinsaamtrek gehad oor Paasnaweek en hul kinders en kleinkinders was almal tuis.
  • Bennie Lotter en Liezel Botha het die afgelope naweek verloof geraak.
  • Karoobospadstal het ’n uiters suksesvolle “Bangers and Mash”-aand op Vrydag gehad.

Cradock

  • Johan van Heerden het op 3 April sy 60ste verjaardag gevier. Hy het Paasnaweek ’n groot makietie vir dié mylpaal gehou met familie – sommige van so ver as Gauteng – en vriende wat in die feesvieringe gedeel het.

Somerset-Oos

  • Die Mad Hatter’s Plastic Warehouse het onlangs hul deure in Somerset-Oos oopgemaak. Hulle het ’n kompetisie gehad waar ’n gelukkige klant ’n R500-koopbewys kon wen. Die wenner was Johannes Noorman.
  • Innige meegevoel gaan aan Kenny en Veronica Petrus wat hul seun, Kavian (22) in ’n noodlottige ongeluk verloor het. Kaykay, soos hy genoem was, laat sy ouers, ’n broer en suster agter.

Stuur gerus nuusbrokkies na express@media24.com met die woorde “Mid-Karoo Nuusbrokkies” in die onderwerpveld.

You need to be Logged In to leave a comment.