Solidariteit Helpende Hand soek nuwe lede

CRADOCK-TAK van Solariteit Helpende Hand het nuwe lede, wat ’n passie het om hul medemens te help, dringend nodig.


CRADOCK-TAK van Solariteit Helpende Hand het nuwe lede, wat ’n passie het om hul medemens te help, dringend nodig.

Volgens Marlene Basson van die streekkan-toor, wat ’n byeenkoms van plaaslike lede van Helpende Hand op Cradock toegespreek het, is dit belangrik om meer mense te werf wat vrywillig vir die organisasie sal werk.

“Ons bring diens na die gemeenskap, maar dit is mense uit die gemeenskap wat die werk moet verrig,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat Helpende Hand nie sensasionele dinge doen wat hoof-opskrifte in koerante sal haal nie, maar dat hulle klein en belangrike goedjies doen om te help.

Van die plaaslike projekte waarmee Helpende Hand betrokke is, is onder meer die verligting van armoede, die kosblikprojek vir kleuterskole, die loods van projekte vir bejaardes en ’n skooltassieprojek.

Van lede wat belangstel word verwag om ’n debietorder van minstens R50 per maand te te-ken. Takke word finansieel vir elke vyftien nuwe lede deur die hoofkantoor vergoed.

Een van die groot nuwe projekte wat Helpende Hand geloods het, word Help Jag genoem. Enige jagter wat bereid is om ’n bok te skenk, kan die bok by ’n bepaalde slaghuis aflaai waar dit in maalvleis verwerk sal word. Met ’n blesbok kan 13 kleuters per maand gevoed word terwyl ’n koedoe 40, ’n eland 83 en ’n blouwildebees 26 kleuters per maand kan voed.

In Cradock kan daar met Bernard Costerus by 081 317 7442 in verbinding getree word.

You need to be Logged In to leave a comment.