Somerset-Oos bejaardes bederf met middagete

ONLANGS was daar weer goedhartige mense wat met liefde ’n heerlike middagete aan ongeveer 30 bejaardes van die Dienssentrum in Somerset-Oos bedien het.

Dié haan onder die henne, Francois Coetzee, was nie skaam omsy gesig tydens die middagete te wys nie. FOTO: VERSKAF

Credit: SYSTEM

ONLANGS was daar weer goedhartige mense wat met liefde ’n heerlike middagete aan ongeveer 30 bejaardes van die Dienssentrum in Somerset-Oos bedien het.

Die tafels in die eetsaal is mooi getooi vir die maaltyd wat bestaan het uit ’n gebakte hoendergereg, rys, ertjies, wortelslaai en ’n gebakte poeding met vla. Elma van Eeden, Hester Kapp (bestuurder van die Dienssentrum), Lydia Niemand, Marié Ferreira, Florence Mafana, Lizzie van Zyl en Priscilla Bob het in die kombuis voorgevat.

Volgens Hannelene Nel (administratiewe assistent) het die bejaardes die ete baie geniet en het ’n lekker, ontspanne atmosfeer geheers.

“Ons is baie bly en diep dankbaar dat daar na hierdie bejaardes uitgereik word.

“Die meeste van hulle is baie eensaam en só ’n bederf maak hulle dag en terselfdertyd word hulle uit hul woonstelle en kamers ge-lok om ’n bietjie saam te kuier en klets,” het Hester Kapp gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.