OP Saterdag, 7 April, het vier rolbalspelers van Somerset-Oos aan die Middellandse gemengde pare rolbalproewe in Middelburg deelgeneem.
Deon Deetlefs en Louisa van Staden was die een paar en Johan Matthyse en Rina Kleynhans die ander paar wat hul beste gelewer het om Somerset-Oos se naam hoog te hou. Johan en Rina het goed gespeel in hul afdeling, maar kon nie tot die halfeindstryd deurdring nie.
Deon en Louisa was die wenners in hulle afdeling en het dus deurgedring na die half-eindstryd waar hulle ongelukkig was om met net ’n paar punte te verloor.
Die wenners van die toernooi was Fanie van der Merwe en Riana du Toit van die Graaff-Reinet-rolbalklub.
Hierdie Saterdag gaan ’n paar spelers van Somerset-Oos se rolbalklub op Kirkwoord aan ’n toernooi deelneem.