Sonde met die bure

TERWYL soveel mense ’n besoek aan ’n koffiewinkel of restaurant saam met vriende geniet, voel dit vir Gerald Butler of hy liewer vir elkeen ’n “ketel wil koop sodat hulle by die huis kan koffie drink”.


TERWYL soveel mense ’n besoek aan ’n koffiewinkel of restaurant saam met vriende geniet, voel dit vir Gerald Butler of hy liewer vir elkeen ’n “ketel wil koop sodat hulle by die huis kan koffie drink”.

Butler is ’n kontrakteur vir Telkom en behalwe sy gewone werksure, kan hy ook 24 uur van elke dag uitgeroep word om probleme op te los. Sy groot probleem is dat mense – glo meestal vroue – voor sy in- gangshek by Albertstraat 10 in Cradock parkeer sodat hy, of Frank Staander, wat in ’n woonstel agter die huis bly, nie hul voertuie in of uit kan trek nie.

Gerald sê hy kan enige tyd van die dag of nag uitgeroep word na probleme in die distrikte van Cradock, Steynsburg, Hofmeyr, Bedford, Adelaide, Kookhuis en Somerset-Oos en dit is ’n groot probleem as hy vasgeparkeer is. Al sy werksgereedskap bly ook dag en nag op sy bakkie en dit is onveilig om in die straat te parkeer.

Volgens hom het hy die munisipaliteit al versoek om ’n rooi streep op die pad voor sy hek te trek, maar dit het glad nie die oortreders afgesit nie.

“My mammie het tien jaar gelede, toe die eerste besigheid oopgemaak het, al probleme ondervind toe daar net een besigheid was. Nou is daar al ’n restaurant, koffiewinkel, en ’n klein geskenkwinkel in die straat. Ons huis is nou die enigste woonhuis aan Albertstraat se kant van die blok,” het hy gesê.

Gerald het baie foto’s, ook van registrasienommer van die oortreders, maar wil nie onnodig moeiliheid maak nie,

“Al wat ek vra is dat ek toegelaat word om te enige tyd by my hek uit of uit te kan ry,” het hy moedeloos gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.