Stadsliggies wink vir jong talentvolles van Newton

VIR agt talentvolle leerders van die Newton Junior Sekondêre Skool op Fort Beaufort wink die stadsliggies nadat hulle behoorlik in ’n talentkompetisie uitgeblink het.


VIR agt talentvolle leerders van die Newton Junior Sekondêre Skool op Fort Beaufort wink die stadsliggies nadat hulle behoorlik in ’n talentkompetisie uitgeblink het.

Die agt se sprokiesverhaal het begin nadat die skool ’n fondsinsamelingspoging, Newtown’s Got Talent, vroeër vanjaar in die gemeenskapsaal aangebied het.

Hulle het begin met die uitdunne waaruit finaliste gekies is. Die wenners van die finaliste het onlangs aan internasionale kuns-oudisies op Oos-Londen deelgeneem.

Agt leerders van die Newton Junior Sekondêre Skool het die beoordelaars só beïndruk dat hulle tot die volgende ronde wat op 5 en 6 Oktober in Johannesburg aangebied word, deurgedring het.

Indien hulle hier suksesvol is, wink oorsese deelname vir hulle.

Yazmen Meyer, sameroepster van die groep en ’n onderwyseres by die skool, het die leerlinge geloof vir hulle ingebore talent en toegewydheid, asook die feit dat hulle die skool se leuse van “Mik Hoog” gestand doen.

You need to be Logged In to leave a comment.