Heelagter staan George Borcherds met, agter van links, Riekie Engelbrectht, Wilana Wolfaardt, Izabeth Smit, Louw Borcherds en Elize Taljaard. Voor is Rouxlé Ferreira en Gabrielle Hall. Foto:Verskaf


DIE Oostelike Provinsie Saalperd-sub-unie se jaarlikse prysuitdeling het op 17 Junie op Blomfontein in Cradock plaasgevind.

Tydens die geleentheid word die top ruiters in die provinsie vir hul harde werk deur die jaar beloon.

Pryse word bepaal deur ’n punte stelsel wat die ruiters verdien wanneer hulle plekke verwerf op pro-vinsiale skoue en by die nasionale kampioenskappe. George Borcherds-stalle se ruiters het weereens top prestasies opgelewer en weggestap met van die hoogste titels.

Rouxlé Ferreira, leerling van die Karel Theron Primêre Skool, het weggestap met ’n tweede plek as Leiriem Ruiter van die Jaar. Gabrielle Hall, ook ’n leerder by Karel Theron, het die toekenning vir o.8 Ruiter van die Jaar ontvang.

Louw Borcherds, ’n leerder van die Laer Volkskool, is beloon as die o.10 Ruiter van die Jaar, terwyl Izabeth Smit van die Hoërskool Middelburg ’n tweede plek as o.14 Driegang Ruiter van die Jaar behaal het.

Wilana Wolfaardt van Middelburg is as die o.12 Ruiter van die Jaar benoem en sy het ook die prys vir die beste driegang natuurlike maanhare en stert vir haar perd Lori’s Prince Timing gewen.

Dit is deur baie ure se harde werk en uithouvermoë dat George Borcherds-stalle soveel top plekke behaal het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article