Studente veg vir plek in finale verfbalspan

STUDENTE van die Grootfontein Landboukollege is tussendeur hul studies tans besig met die verfbal-uitdunne, waartydens hulle teen mekaar uitspeel om die finale span, bestaande uit die 12 beste spelers, te bepaal.

Die finale 12 spelers gaan dan einde Oktober aan ’n twee-dag toernooi by Paintball Heaven in Port Elizabeth teen ander spanne deelneem. Uit die totale groep van 220 studente wat hierdie jaar by die kollege is, is daar werklik groot talent en sterk kompetisie.

Verskeie studente beskik vanjaar oor hul eie verfbalgewere en daar word gereeld op sosiale vlak by die spesiaal omheinde baan teen mekaar meegeding.

Piet Esterhuyse hou streng toesig en veiligheid is beslis hoog op sy prioriteitslys. Tydens die toernooi by Paintball Heaven gaan die Grootfonteiners ook teen een van die klubspanne wat klubliga speel, meeding.

You need to be Logged In to leave a comment.