ELSABÉ Pienaar en haar gesin het teen die einde van 2017 hul intrek in Middelburg geneem.
Sy het die graad B.A.Tale aan Kovsies verwerf, is ’n tuisskoolma en doen kreatiewe skryfwerk in haar vrye tyd. “Ek dink dit was Karoo-dorp deur NP van Wyk Louw wat my al op skool ’n verlange na die vlaktes van die Karoo gegee het. Ek en my man is beslis nie stadsjapies nie, en ons is dankbaar om ons kinders hier te kan grootmaak.
“Ons het die afgelope vyf jaar ’n leë plaasopstal buite Colesberg bewoon, en nou is dit vir ons weer lekker om in ’n dorp te kan deel word van ’n gemeenskap.”
Elsabé tree nou ook aan as Mid-Karoo Express se korrespondent in Middelburg.
Inwoners en instansies van Middelburg word genooi om kontak te maak met haar om beriggewing te doen oor plaaslike gebeurlikhede. Sy kan by 072 335 8768 gebel word.