DIE ATKV-tak Bosberg en ATKV-jeugtak Kookpunt het op 1 Augustus weer eens ’n suksesvolle loopbane-aand by Gill-Kollege gehou.
Daar was groot belangstelling onder leerders, sowel as onderwysers en die uitstallers se tafels is druk besoek. Van die uitstallers het van so ver as Port Elizabeth gekom.
Die volgende beroepe en instellings is onder meer verteenwoordig: brandweer, regte, onderwys, biblioteekwese, holistiese geneeskunde, Progress Flight School, biokinetika, Bio Sculpture, Nelson Mandela-universiteit, geneeskunde, fisioterapie, dieetkunde, aptekerswese, verpleging, Tech Hub, Nerd Academy en QA vir applikasieontwikkeling, PieHole en animasie-vervaardiging.
Scheepers sê hulle is tevrede dat die aand goed aangebied is en dat leerders groter duidelikheid aangaande sekere beroepe gekry het.
“Ons bied die uitstalling elke jaar aan en hierdie is al ons vyfde jaar. Verlede jaar het ons selfs ’n toekenning van die ATKV vir die aanbieding ontvang,” het Scheepers gesê. – DEONETTE HAGGARD