Tafelronde hou ’n gholfdag

CRADOCK Tafelronde 37 het op 5 Mei hul jaarlikse gholfdag gehou om fondse vir minderbevoorregtes in te samel.


CRADOCK Tafelronde 37 het op 5 Mei hul jaarlikse gholfdag gehou om fondse vir minderbevoorregtes in te samel.

Volgens Stefan Maré, woordvoerder, wil hulle graag almal bedank wat aan die gholfdag deelgeneem het en so ’n groot aandeel aan die sukses van die dag gehad het.

Hy sê dit is vir Tafelronde 37 ook ’n groot voorreg om so ’n lekker dag te kan aanbied en dat hulle dit net so geniet het.

Hulle wil ook vir Vino’s van harte bedank vir die lekker kos en atmosfeer wat geskep is.

Hulle het dit vanjaar ook goed ge-dink om ’n geleentheid te skep vir ’n plaaslike besigheid om produkte uit te stal.

Landmeg Landini het die geleent-heid aangegryp en dit is deur almal, en veral deur die kinders, terdeë geniet.

Cradock Tafelronde 37 wil graag al vanjaar se deelnemers weer volgende jaar by hul gholfdag sien.

“Ons volgende projek gaan ‘Winter Knight’ wees wat in Junie sal plaasvind. Ons samel dan onbederfbare kos, ou klere en komberse in om aan minderbevoorregdes gedurende ons koue wintersmaande hier in Cradock, uit te deel,” het Maré gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.