Talentsoekers besoek Cradock

KORT op die hakke van die span wat die speurverhaal Spoorloos op Cradock kom verfilm het vir kykNET, was daar weer groot opgewondenheid toe nóg ’n televisiespan, wat dié keer op soek is na talentvolle jong kunstenaars vir ’n SABC 2-program, Maandag d


KORT op die hakke van die span wat die speurverhaal Spoorloos op Cradock kom verfilm het vir kykNET, was daar weer groot opgewondenheid toe nóg ’n televisiespan, wat dié keer op soek is na talentvolle jong kunstenaars vir ’n SABC 2-program, Maandag die dorp binnegekom het.

Volgens Mark van Hoff, woordvoerder van die span wat talent, geskoei op die patroon van America’s Got Talent, op klein plattelandse dorpies soek, gaan hulle drie dae op Cradock deurbring. Hy sê enige persoon oor 16 jaar oud met ’n talent, hetsy dit sang, drama, towenary of wat ook al, kan deelneem.

Maandag was die dag van groot opgewon-denheid – en ook teleurstelling vir sommige, want toe is daar keuring gedoen tot daar uit-eindelik vier moontlike kandidate in elke afde-ling oor was.

Die gekeurdes het Dinsdag opleiding ontvang en hul gesinne, skole en omgewing is besoek. Foto’s is ook van hulle by toeriste-aantreklikhede en ander besienswaardighede in die dorp geneem.

Dag drie is gister (Woensdag) afgesluit met ’n gala-konsert in die stadsaal waar een wenner, wat R10 000 sal kry, aangewys is. Die naam van die wenner was teen die koerant se druktyd nog nie bekend nie. Die Mid-Karoo Express sal in sy volgende uitgawe die wenner bekendstel.

Volgens Van Hoff sal hulle Graaff-Reinet, Middelburg, Mosselbaai en Jeffreysbaai volgende besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.