Tekort aan dokters

’n MAN, glo tusssen 60 en 70 jaar oud en wie se identiteit nog nie bekend is nie, het verlede Woensdagmiddag gesterf terwyl hy by die hospitaal in Cradock se buitepasiënt-afde-ling op behandeling gewag het.


’n MAN, glo tusssen 60 en 70 jaar oud en wie se identiteit nog nie bekend is nie, het verlede Woensdagmiddag gesterf terwyl hy by die hospitaal in Cradock se buitepasiënt-afde-ling op behandeling gewag het.

Dít was die laaste strooi vir ’n groot groep mense, waarvan party glo sedert die vorige nag op behandeling gewag het, en chaos het by die hospitaal uitgebreek. Die polisie moes ingeroep word om orde te herstel.

Volgens ’n vrou wat ook op behandeling gewag het, maar wat nie haar naam genoem wil hê nie, kon die uiters siek man se gesin nie ’n ambulans kry nie en het hulle hom per motor hospital toe gebring. Hy het glo om onge-veer 13:00 ingekom en nie te lank daarna nie het hy gesterf.

Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het bevestig dat daar net twee dokters op daardie dag aan diens was en dat hulle die hele oggend in die teater met twee keisersnee-operasies besig was.

Hy het ook bevestig dat daar ’n groot tekort aan dokters by die hospitaal is nadat van hulle bedank het.

Onderhoude met vier nuwe dokters om die vakante poste te vul sou op Dinsdag, 24 Julie plaasgevind het.

Johnie Jacobs, wat by sy vrou met ’n hartkwaal in die hospitaal gewaak het, was baie ontsteld dat ernstige gevalle glo nie eerste mediese aandag kry nie.

Van die pasiënte wat Woensdag in die hospitaal gesit en wag het, was van Hofmeyr en plase in die distrik. Sommige was diabete wat heeldag sonder kos en water was, volgens ge-tuies.

Van die pasiënte was ook baie ontsteld omdat hulle, voor hulle behandeling ontvang het, na bewering R80 moes betaal om hul lêers te kry.

“Waar moet siek pensioenarisse dié tyd van die maand sulke geld kry?” wou ’n ontstelde Florence Jacobs weet.

Volgens Sicwetsha is die fooi by die hospitaal se buitepasiënt-afdeling net R30, maar word ’n fooi van R50 ook gehef indien ’n pas- -iënt direk hospitaal te kom sonder dat hy of sy deur ’n kliniek verwys is.

Sicwetsha het bygevoeg dat die kliniek slegs mense na die hospitaal sal verwys as dit nie vir hulle moontlik is om die pasiënt te help nie. “Sommige medisyne is egter net by die hospitaal beskikbaar en dan moet hulle dit besoek,” het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.