TENNIS van ’n baie hoë gehalte was verlede Saterdag en Sondag tydens die Suid-Afrikaanse tennisakademietoernooi op Cradock se tennisbane te sien.
Dit was die tweede keer dat só ’n toernooi op Cradock plaasgevind het.
Volgens die organiseerders was hulle baie tevrede met die 127 inskrywings wat van so ver as Kaapstad, Port Elizabeth, George, die Vrystaat en omliggende distrikte ontvang is.
Die toernooi het aan deelnemers die kans gegee om ’n plek op die SATA nasionale keurlys te verdien.
Ná ’n reeks strawwe wedstryde op die Saterdag het die spelers ’n spitbraai geniet. Die ouers en spelers wat teenwoordig was, is deur Cradock se fasiliteite en die groot aantal tennisbane beïndruk.
Die toernooi is deur Keith en Nan Tam van Cradock gereël en aangebied.