Tennistoernooi ’n reuse sukses

DIE afgelope naweek het 19 spanne aan die jaarlikse PSG Alpha Pharm Marilie Moolman-tennistoernooi deelgeneem, wat vanjaar met trots vir die 17de jaar deur die Hoërskool Cradock aangebied is.


DIE afgelope naweek het 19 spanne aan die jaarlikse PSG Alpha Pharm Marilie Moolman-tennistoernooi deelgeneem, wat vanjaar met trots vir die 17de jaar deur die Hoërskool Cradock aangebied is.

In 2018 het hierdie toernooi tot die grootste hoërskole-tennistoernooi in die land gegroei.

Spanne het op Woensdag, 15 Augustus in Cradock aangekom vir drie dae van puik, kompeterende tennis. Spanne was vanjaar baie gelykop gemeet en die wedstryde was opwindend.

Élke speler en span moes speel om voor te bly, ’n bevestiging weer eens van die kwaliteit tennis wat in Cradock te sien was.

Die Hoërskool Sasolburg se meisies het vanjaar die spangees-trofee ontvang, terwyl Jesse Beukes, ook van Sasolburg, aangewys is as die wenner van die Marilie Moolman-trofee vir die mooiste karakter.

Die Ricky de Klerk-wisseltrofee is gewen deur die seuns van die Hoërskool Menlopark. In tweede plek was die Hoër Landbouskool Marlow met die Hoërskool Diamantveld in derde plek.

Die Hoërskool Cradock het vierde geëindig, gevolg deur Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High 1, die Hoërskool Rustenburg, die Hoërskool Pearson, Sasolburg, die Hoërskool Grens, Paarl Boys’ High 2 en die Cradock-uitnodigingspan.

Die meisies van Paarl Gimnasium het die Theron du Plessis-wisseltrofee gewen. Pearson het in die tweede plek geëindig met Eunice High School in die derde plek. Cradock het vierde geëindig, gevolg deur die Hoërskool Rustenburg, Paarl Girls High en Sasolburg.

Daar moet ook melding gemaak word van die puik spel van die spanne van Cradock. Die seuns en meisies het in sterk poele teen vooraanstaande stadskole gespeel.

CHS se meisies het goeie oorwinnings teen Paarl Girls High, sowel as Rustenburg behaal. CHS se seuns het ook puik oorwinnings teen Pearson, Paarl Boys’ High, sowel as die Cradock-uitnodigingspan behaal. Ryan Gowar, kaptein van die seunspan, het puik tennis gespeel en al sy wedstryde gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.