Thusano vier Mandela-dag

THUSANO, die plaaslike begrafnisondernemers in Hofmeyr, het onder leiding van Christel Booy-zen, ’n Mandeladag-uitreik ge-reël. Al 19 Thusano-takke in die Oos-Kaap het soortgelyke projekte van stapel gestuur.

Sy het borge bymekaar gekry wat bereid was om skenkings te maak wat kos, geld en ook kom-berse ingesluit het. Om die uitreik te organiseer moes daar persone en gesinne geïdentifiseer word wat hierdie hulp benodig.

Die personeel van Thusano op Hofmeyr het hul 67 minute deurgebring om hierdie skenkings aan noodsorggesinne te oorhandig en het in die proses groot vreugde verskaf.

Christel en haar helpers by Thusano het ook een huisie vir ’n pensioenaris mooi blou gaan verf en die blou huisie sal haar in haar laaste jare baie vreugde gee.

You need to be Logged In to leave a comment.