TIENS Rossouw van Status Toyota op Cradock is vanjaar weer deur sy hoofkantoor vereer vir uitmuntende diens.
Rossouw is sedert sy diensaanvaar-ding by Toyota 16 jaar gelede, bykans elke jaar vereer vir uitmuntende diens aan kliënte terwyl hy in 2013, 2014 en 2017 trofees vir uitsonderlike diens, asook die president se toekenning vir kliënte-tevredenheid ontvang het. Dié toekenning het Rossouw al vir ’n totaal van vyf jare verower. Hy het sedert 2004 byna elke jaar toekennings vir kliënte-diens ontvang.
Die toekennings is twee weke gelede by Toyota SA se jaarlikse prysuitde-ling in Durban aan Rossouw oorhandig.
Rossouw het al sy getroue kliënte van die afgelope 16 jaar bedank, asook elke kliënt vir die terugvoering wat hulle aan Toyota SA gee.
“Ek streef steeds voort om elke dag my hoë standaarde, netheid en dissipline te behou, asook my betrokkenheid in die besigheid te handhaaf,” het Rossouw gesê.
Hy het ook sy personeel vir hul ge-troue ondersteuning bedank.
As deel van Rossouw se pryse kon hy en sy vrou, Susan, in 2013 na Griekeland en in 2014 na Frankryk toer en later vanjaar gaan hulle in die Seringeti kuier.