Tommie Roux vier 80ste verjaardag

TOMMIE Roux, bekende inwoner van Hofmeyr, het die afgelope naweek sy 80ste verjaardag gevier.


TOMMIE Roux, bekende inwoner van Hofmeyr, het die afgelope naweek sy 80ste verjaardag gevier.

’n Groot aantal familie en vriende het saamgetrek om hierdie ’n onvergeetlike gebeurtenis te maak.

Tommie is in Hofmeyr gebore, waar sy ouers op die plaas Constantia geboer het.

Hy het sy skoolloopbaan op Hofmeyr voltooi en direk daarna begin boer saam met sy pa, ook Tommie Roux.

Hy het op 4 Februarie 1961 in die huwelik getree met Emmarentia (Emma) Hattingh, ook vanuit die distrik.

Hulle het drie seuns, Thomas, Piet en Ettienne.

Thomas is getroud met Desireé en is in Jeffreysbaai by Ou Mutual werksaam.

Piet is getroud met Erina en hulle woon op die familieplaas Constantia. Hul seun, Pieter-Wynand, is ’n onderwyser by Marlow. Hy is getroud met Sonelle en hulle het ’n babadogter van ses maande. Hul dogter, Elmien, studeer by Kovsies.

Ettienne woon op die Hattinghs se familieplaas. Sy seun Janse speel internasionaal rugby, terwyl sy dogter Robin haar eie restaurant bedryf.

Die Hofmeyr-gemeenskap en hul nabye vriendekring was ook goed verteenwoordig by die viering. Die tafels was gedek in treffende swart, wit en oranje.

You need to be Logged In to leave a comment.