Tuisskooltieners kamp uit

ALTESAAM 18 tieners van die Karoo Tuisskoolgroep het die afgelope naweek ’n kamp bygewoon by die Camdeboo Nasionale Park se omgewingsopleidingsentrum wat net buite Graaff-Reinet geleë is op die Aberdeenpad.

Bekwame personeel van die park het die tieners vermaak met meer as een staptog, opvoedkundige spanspeletjies en lesings oor bewaring, ekologie, en die belangrikheid van water.

Ouers was beïndruk met die fasiliteite van die sentrum, sowel as die professionaliteit van die personeel. “Ons as ouers het heelwat tyd gehad om sommer net te kuier, terwyl die kinders besig gehou is,” het Johanneke Strydom, kamp-organiseerder, gesê.

“Ons verwagtinge is eintlik oortref. Die kampkoste is baie redelik, en kombuis-, ablusie- en slaapgeriewe is goed ingerig,” het sy bygevoeg.

Etes is deur die tieners self voorberei, en ’n potjiekoskompetisie die Saterdagaand het vir groot wedywering gesorg. ’n Moeë spannetjie het Sondagoggend vir oulaas saamgekuier en gesing.

Soortgelyke tienerkampe word vir later in die jaar beplan.

You need to be Logged In to leave a comment.