VERLEDE Saterdag was daar groot opskudding op Cradock se gholfbaan toe Lowie Steenkamp en Dehan Stroebel ’n albatros op die sestiende gat gemaak het.
Steenkamp vertel dat die kompetisie van die dag “American Scramble” was waar hulle tussen hulle twee spelers die beste bal om te speel kon kies. Dit is ’n syfer 5-gat en hulle het Steenkamp se dryf gebruik.
Stroebel het toe met ’n sewe yster afgehak en die bal onge-veer 200 meter tot in die gat ge-slaan.
“Ons het nie gewen nie, maar toe Dehan ons balletjie in die gat laat rol, was ons so opgewonde en het geskree en gelag asof ons gewen het,” het Steenkamp vertel.