Twee mense op pad na bruilof sterf in ongeluk buite Cradock

’n MAN en sy aanstaande skoonma is verlede Donderdag net buite Cradock oorlede toe ’n groot vragmotor met die Toyota Tazz waarin hulle op pad na Cradock was, gebots het.


’n MAN en sy aanstaande skoonma is verlede Donderdag net buite Cradock oorlede toe ’n groot vragmotor met die Toyota Tazz waarin hulle op pad na Cradock was, gebots het.

’n Woordvoerder van die plaaslike polisie het gesê dit word vermoed dat ’n trok op die N10 sowat 2km buite Cradock by ’n ander trok verbygesteek het toe een van dié vragmotors met die motor gebots het.

’n Sesjarige seuntjie, sy ma en haar suster is baie ernstig in die ongeluk beseer en is onmiddellik ná die ongeluk na ’n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas vir behandeling.

Die oorledenes en beseerdes is almal van Alexandria en was na verneem word op pad om ’n troue in Cradock by te woon.

Die name van die oorledenes is teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.

You need to be Logged In to leave a comment.