Twee oudskoliere hou CHS se naam hoog

TWEE oudskoliere van die Hoërskool Cradock het weer op die tennisbane uitgeblink toe hulle die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) in ’n inter-universiteitstennis-toernooi in Bloemfontein verteenwoordig het.

Arné Nel en Rezé Opperman is albei ná die toernooi as lede van die Suid-Afrikaanse tennisspan aangewys wat moontlik aan die wêreldstudentespele in Italië gaan deelneem.

Arné het in al ses inter-universiteitstoernooie wat hy gespeel het, nog nie een van sy enkelspelwedstryde verloor nie. Rezé, wat maar ’n tweede jaar student is, volg vining in sy voetspore en het ook nog nie een van haar enkelspelwedstryde in die twee toernooie waaraan sy deelgeneem het, verloor nie.

As lede van die nasionale tennisspan sal Arné en Rezé geleenthied kry om aan spesiale oefenkampe en wedstryde deel te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.