Twee trotse Kwaggas haal provinsiale netbalspanne

LENAY Booysen en Houghlynne Swarts is die afgelope naweek tydens ’n finale rondte proewe onderskeidelik in die o.17- en o.18 Oos-Kaap-netbalspanne opgeneem.


LENAY Booysen en Houghlynne Swarts is die afgelope naweek tydens ’n finale rondte proewe onderskeidelik in die o.17- en o.18 Oos-Kaap-netbalspanne opgeneem.

Netbalspelers van regoor die provinsie het aan hierdie proewe deelgeneem.

CHS is trots op die twee meisies wat in die boge-noemde spanne ingesluit is.

Die Oos-Kaap spanne neem later vanjaar aan die SA All Ages-toernooi deel en die skool wens die meisies alle sterkte toe met hul voorbereidings.

You need to be Logged In to leave a comment.