Vakansiepret op die plaas

MET die skoolvakansie wat amper ’n week oud is, het Zelda Goosen en Christine Pieterse weer besluit om ’n wonderlike vakansieprogram vir kinders op die Goosens se plaas, Birdsnest, 9 km buite Cradock aan te bied.


MET die skoolvakansie wat amper ’n week oud is, het Zelda Goosen en Christine Pieterse weer besluit om ’n wonderlike vakansieprogram vir kinders op die Goosens se plaas, Birdsnest, 9 km buite Cradock aan te bied.

Ná die suksesvolle afloop van die vakansiepret-progam wat hulle in Desember aangebied het, het die twee entoesiastiese dames besluit om die program uit te brei met kindervriendelike diere wat vertroetel en gevoer kan word.

Daar is ook ’n mak perd waarop die kinders kan ry. Ouers kan met ’n geruste hart hul spruite in die span se sorg los, aangesien ’n persoon met noodhulpkennis ten alle tye teenwoordig is.

Uitstappies en piekniek in die veld, handwerkklassies en speletjies is alles op die program om die kinders se vakansie onvergeetlik te maak!

Heerlike tuisgebakte brood, vetkoek, panne-koeke en jaffels sorg dat die kleinspan, ná hul dag van pret en plesier, nie met honger magies huis toe gaan nie.

Birdsnest is op die Mortimerpad. Dit is ook die plaas waar die vervaardigers van die televisie-reeks, Spoorloos, wat binnekort op die kassie gaan verskyn, sommige van die tonele geskiet het.

Vir navrae oor vakansiepret, skakel Zelda (082 652 8704) of Christine (076 258 4796).

You need to be Logged In to leave a comment.