VALERIE Smith, een van die span wat onvergeetlike aandetes by Victoria Manor op Cradock voorsit, het onlangs haar resep vir springbokfilet in ’n rooiwynsous gedeel met Mid-Karoo Express.

Smith is ook welbekend vir haar deelname aan die Queen of the Kitchen kompetisie saam met Heyla Meyer.

Springbokfilet in rooiwynsous

Bestanddele1 springbokfilet

2 knoffelhuisies, fyngemaak

250ml goeie rooiwyn

1 takkie roosmaryn, afgestroop

6 juniperbessies, fyngemaak

sout en swartpeper

250ml olie

Metode

  • Meng die sousbestanddele saam en laat die filet marineer vir 2 tot 3 uur.
  • Verhit jou pan tot baie warm.
  • Braai die filet totdat dit halfgaar is en haal dit uit.
  • Meng 100g botter by die sous in die pan en roer die mengsel goed.
  • Gooi die sous deur ’n sif.
  • Sny die filet in medaljes en giet die sous oor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article