MET die ernstige en steeds groeiende tekort aan veeartse in Suid-Afrika is die kanse baie goed dat ’n veeartsenydienste fakulteit binnekort in die Oos-Kaap aan die Fort Hare-universiteit gevestig sal word.
Senzeni Zokwana, Minister van landbou, bosbou en visserye, het vandeesweek Fort Hare besoek om homself op hoogte te bring oor die moontlikheid van so ’n stap,
Tydens die besoek het hy gesê die departement is deeglik bewus van die ernstige tekort aan veeartse in die land.“Hierdie tekort is veral opmerkbaar in staatsveeartsenydienste en navorsing. Die voedsel en landbouorganisasie se standaard beveel aan dat daar een (1) veearts per 100 000 vee-eenhede moet wees.
“Die Suid-Afrikaanse syfers tans toon daar is slegs een veearts per 300 000 vee-eenhede, wat baie ver tekortskiet van die standaard wat aanbeveel word,” aldus Zokwana.
“Hierbenewens bly die swak versprei-ding van professionele veeartse ’n sleutel-uitdaging vir veral die landelike provinsies in die Suid-Afrikaanse landboube-dryf.
“Terwyl die landelike provinsies toegang tot ’n verskeidenheid veaartseny- dienste benodig om diereproduksie en veehandel te ondersteun, bly die onbeskikbaarheid van veeartse, die onbekombaarheid, onbereikbaarheid en bekostigbaarheid van dieregesondheidsdienste ’n baie groot probleem,” het Zokwana gesê.
Hy het gesê die implementering van die primêre dieregesondheidsprogram het gelei tot die verspreiding van mobiele veeartsenyklinieke en ondersteuningsvoertuie regdeur die land.
“Hierdie voertuie is ten volle toegerus om primêre dienste wat in ons gemeenskappe benodig word, te lewer, insluitende die sterilisering van honde. Ons is trots daarop dat ons dienste kan lewer wat nie moontlik sou wees sonder hierdie mobiele klinieke nie,” aldus Zokwane.
“Daar bestaan egter ’n groot behoefte aan meer veeartse in die land. Die universiteit van Fort Hare het die departement genader vir bystand en ondersteuning met die vestiging van ’n tweede fakulteit in SA en dis om daardie rede dat ek vandag hier is. Dit moet egter onthou word dat die uit-eindelike aanbeveling by die departement van hoër onderwys en opleiding lê.
My rol is om die nodige advies rakende tegniese aspekte te gee, aangesien veeartseny-wetenskap by die departement van landbou, bosbou en visserye berus,” aldus Zokwane.
“As gevolg van my besoek vandag, en te-rugvoer van die tegniese span in my departement rakende die gereedheid en be-kwaamheid van die universiteit om ’n veeartsenydienste-wetenskapsfakulteit te akkom-modeer, sal dit vir my moontlik wees om die nodige aanbeveling aan die department van hoër onderwys en opleiding te maak.
“Ek sal ook die voorstel met die Suid-Afrikaanse veeartsenyraad bespreek,” het Zokwane gesê.