Die 4×4 se byna onmoontlike roete. FOTO’s: BERNARD COSTERUS


CRADOCK se 4×4-klub het hul nuwe jaar se bedrywighede op 28 April met ’n ope-dag op die plaas De Doorns, 12km buite die dorp, begin.

Daar was vanjaar weer groot belangstelling en ’n totaal van 44 voertuie van so ver as Kaapstad, Grahamstad, Jeffreysbaai, Graaff-Reinet, Port Elizabeth, Despatch, Uitenhage en Alexandrië het saam met die plaaslike manne deur die water en die modder, oor die klippe gespartel en die byna onmoontlike hindernisse probeer oorwin. Daar was geleentheid vir Hardebaarde, Doringdrade en al die ander om hul staal te wys en nie net hul voertuie nie, maar ook hul eie bestuursvermoë tot die uiterste te toets.

Die uitslae was soos volg:

Eerste inskrywing – Vaughn Ashburner; vuilste voertuig – Thomas Ferreira; Man van die Dag – David Rossi; hardste probeer – Jurie Pieterse; die ‘oepsie’ van die oomblik – Jean Thirton.

Die dag is afgesluit met ’n braai, gevolg deur die prysuitdeling.

You need to be Logged In to leave a comment.