ISABEL Wilken, sameroepster van openbare sake van die Hofmeyr VLV het tydens die onlangse VLV-vergadering vir Teresa Opperman, wat ook leefstyl- en naaldwerksameroepster is by die plaaslike VLV, genooi om oor Hofmeyr Hugs of Hope te gesels.
Hierdie projek is verlede jaar begin nadat Teresa in samewerking met Obré van Heerden en Sanet Coetzer besluit het om mense wat op straathoeke bedel en voedselnood ervaar, van hulp te wees. Maar dit het nie daar opgehou nie, en daar is nou landswyd mense betrokke om hierdie projek – wat nou ’n volskaalse instansie is – van hulp te voorsien.
Nie alleenlik word kos en kospakkies uitgegee en voorberei nie, maar vleis word ook verwerk en gebak word voorberei. Daar is ook opleiding in naaldwerk, hekelwerk en breiwerk en waar kledingnood is, word die persone ook gehelp.
Daar is ook nou perdryterapie vir ’n ge-stremde en hulp met toesig by die gr. R-klas-sie. Plaaslike besighede het almal betrokke geraak. Die mense by Hugs of Hope word egter nie slegs van kos voorsien nie, maar verdien ook nou ’n inkomste.
Nadia Bosch het as sameroepster van ge-sondheid gesels oor menopouse en wenke gegee oor die hantering van die verskeie pro-bleme wat sommige vroue daarmee ervaar.
Rika Pienaar, sirkelpresident, het as be- oordelaar opgetree en verskeie artikels het haar aandag getrek. Die sjokolade-koppiepoeding was egter die grootste sukses en baie lede het hul koppiepoedings ingeskryf.
Kunstige mosaïek-artikels is ook vertoon. ’n Kleuterverseboek kon ook onder meer ingeskryf word.