CRADOCK VLV het onlangs die inwoners van die Elizabeth Jordaan-tehuis en Erica Sentrum op heerlike wafels, tee en koffie, trakteer.
Die smullekker wafels en heerlike sous is deur Linda Matthis, kok by die tehuis, gebak met bestanddele wat deur die twee Spar-winkels op die dorp geskenk is. Terwyl die VLV-dames flink bedien het, was daar ook geurige room om saam met die lekkernye te geniet.
Die koor van JA Ncaca Primêre Skool het weer, tot groot vermaak van die inwoners, opgetree. Die finale twee liedjies deur die onderwyseresse was veral baie treffend.