DIE 2018 Cradock-sirkelkonferensie van die VLV vind binnekort op Somerset-Oos plaas.
Volgens Doreen du Randt, sekretaresse van die VLV-tak Somerset-Oos, word dit op 13 en 14 Maart deur die Pearston VLV-tak by die Family Church in Somerset-Oos aangebied.
Twee konferensiegangers word deur elke VLV-tak afgevaardig om die konferensie by te woon. Die takke wat die konferensie gaan bywoon is onder meer Cradock, Hofmeyr, Kookhuis, Pearston en Somerset-Oos.
Soos gewoonlik sien almal uit na ’n besonder interessante konferensie. Die kompetisie-artikels trek gewoonlik baie aandag aange- sien die deelnemers altyd hul beste lewer en so verseker dat hul die voortreflikste inskrywings lewer.
Die twee afgevaardigdes wat Somerset-Oos gaan verteenwoordig, is Marlene Botha en Renzie Botha. Waarnemers van Somerset-Oos is: Helené Botha, Doreen du Randt, Carmen Davenport en Susan Botha.
Daar sal onder meer in die volgende afdelings meegeding word:
. Gebak: 3 X Makrolletjies, drie verskillende kleure.
. Gebottel:Boeremeisies lugdig in heuningfles verseël.
. Lekkers: 2 X Springmielieballe op stokkies (ongeveer tennisbal grootte).
. Iets uit niets: Gebruiksartikel van ’n roomysbak – geen gekoopte tooisels nie.
. Landbou: 2 verskillende skorsies met stingels aan uit my tuin.
. Blommerangskikking: tema – byderwets 1m x 1m x onbeperkte hoogte.
Dagbesoekers is welkom om die konferensie by te woon teen R70 per persoon wat tee en eetgoed, sowel as middagete sal insluit.