VLV Somerset-Oos is altyd insiggewend en interessant

TYDENS Somerset-Oos se VLV-vergadering in Mei het Marlene Botha ’n volledige verslag van die onlangse sirkelkonferensie van Cradock, wat op Somerset-Oos gehou is, gelewer.


TYDENS Somerset-Oos se VLV-vergadering in Mei het Marlene Botha ’n volledige verslag van die onlangse sirkelkonferensie van Cradock, wat op Somerset-Oos gehou is, gelewer.

Plaaslike VLV-presteerders is geluk gewens, sowel as die twee bekerwenners, ds. Janet Cornelius vir weef en breiwerk en Johanna Murray vir haar gedig “Ligvoets deur die Lewe”.

Die kuns- en handvlytsameroepster, Janet Cornelius, het ’n interessante praatjie oor Krotoa, die elfjarige Khoi-prinsessie wat as tolk vir Jan van Riebeeck met die Khoibevolking opgetree het, gelewer. Voorts lewer die voorsitster en sameroepster vir openbare sake ’n besonder insiggewende praatjie oor “grondonteiening en grondgrype”.

“Die belangrikste om te onthou, is om proaktief op te tree en eiendom teen onwettige besetting te beskerm en onmiddellik enige onwettige betreders op jou eiendom by SAPD aan te meld,” was die boodskap. Wanneer die verklaring ingedien word, moet daarop aan-gedring word om ’n bewys van ontvangs, so-wel as die polisiebeampte se rang, naam, van en magsnommer te kry. “Onwettige strukture moet onmiddellik afgebreek word.”

Wat is ’n vergadering dan nou ook sonder tee of koffie met ’n eetdingetjie of twee? Die twee gasvroue vir die dag was Sannie Lötter en Helené Botha.

Die volgende vergadering word op 8 Junie in die Dienssentrum gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.