Die Hoër Volkskool se Shirwan van Staden het aan twee Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkomste deelgeneem. Hy het tydens die Suid-Afrikaanse juniorbyeenkoms in die Paarl in die 100m en 200m vir mans o.20 en in Potchefstroom by die Suid-Afrikaanse skole-byeenkoms in die 200m vir seuns o.19 tot die halfeindrondte deurgedring. In Potchefstroom het hy sesde in die 100m-eindrondte ge-eindig en as lid van die 4x100m-aflosspan wat vyde plek behaal het, deelgeneem. Foto:Verskaf


SHIRWAN van Staden het hierdie jaar ’n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkomste deel te neem.

Hierdie puik Hoër Volkskool-atleet het goed presteer teen die beste atlete in die land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse juniorbyeenkoms in die Paarl waar hy in die 100m en 200m vir mans o.20 tot die halfeindrondtes deurgedring het.

Hy het ook in Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse skole-byeenkoms deelge-neem. Hier het hy in die 200m vir seuns o.19 tot die halfeindrondte deurgedring.

In die 100m-eindrondte het hy sesde ge-eindig in 10,85 sekondes. Hy het as lid van die 4x100m-aflosspan deelgeneem en hulle het ’n vyfde plek behaal.

Hierdie was die afsluiting van ’n baie suksesvolle atletiekseisoen vir die Hoër Volkskool.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article