SHIRWAN van Staden het hierdie jaar ’n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkomste deel te neem.
Hierdie puik Hoër Volkskool-atleet het goed presteer teen die beste atlete in die land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse juniorbyeenkoms in die Paarl waar hy in die 100m en 200m vir mans o.20 tot die halfeindrondtes deurgedring het.
Hy het ook in Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse skole-byeenkoms deelge-neem. Hier het hy in die 200m vir seuns o.19 tot die halfeindrondte deurgedring.
In die 100m-eindrondte het hy sesde ge-eindig in 10,85 sekondes. Hy het as lid van die 4x100m-aflosspan deelgeneem en hulle het ’n vyfde plek behaal.
Hierdie was die afsluiting van ’n baie suksesvolle atletiekseisoen vir die Hoër Volkskool.