TYDENS die Julie-vakansie het ’n paar leerders van die Hoër Volkskool aan provinsiale toer- nooie deelgeneem en sodoende vir hulle erekleure in hulle onderskeie kodes gekwalifiseer.
Lykita Koeberg en Maryna Nell het OP in die o.17B-span by die nasionale netbaltoernooi wat in Boksburg aangebied is, verteenwoordig. Nell is ook gekies om aan die proewe vir die SA-juniorspan deel te neem.
Marichen Piek het ook die OP verteenwoordig in die o.18B-netbalspan in Boksburg.
Devan Nel en Erns Mostert het aan die Cravenweek-rugbytoernooi in die Paarl deelgeneem. Nel is as die Man van die Wedstryd tydens ’n kragmeting teen Limpopo Blou Bulle aangewys.
Wilke van Zyl het die o.18B OP-span verteenwoordig op die muurbalbaan in die Paarl. Hulle het ’n algehele tiende plek behaal.
Lynette Ittershagen-Strauss is opgeneem in die o.18B OP-hokkiespan in Pietermaritzburg. Hulle het hulle goed van hul taak gekwyt en ’n algehele agtste plek behaal.
Logan Ludick het ook aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem en OP in die o.16B-span verteenwoordig. Hulle het ’n algehele negende plek behaal in die toernooi.
Marlien Crewe-Brown het ook die OP verteenwoordig op die muurbalbaan in Johannesburg. Sy het sewe van haar nege wedstryde gewen en OP het ’n algehele vierde plek behaal.
Lara du Plessis is gekies vir die o.18A OP-netbalspan. Sy is verkies as kaptein van hierdie span.