DIE Hoër Volkskool het ’n nuwe tradisie begin waar die nuwe gr. 8’s tydens ’n saalseremonie hul baadjies amptelik begin dra.
Die gr. 8-leerders lê ’n belofte af, waarna hulle dan hul baadjies met trots mag dra.
Elkeen het ook ’n lapelwapen ontvang as teken dat hulle nou ware Volksies is.