DIE Hoër Volkskool het die afgelope swemseisoen op ’n hoë noot afgesluit toe hulle top swemmers aan die top 8, vlak 1, 2 en 3 galas deelgeneem het.
Vyf swemmers van die skool het aan die top 8 gala deelgeneem.
Marlien Crewe-Brown het ’n silwer medalje in die 50m vlinderslag ver-ower, asook goud in die 50m rugslag, silwer in die 100m vryslag, goud in die 50m borsslag, brons in die 100m rugslag en brons in die 50m vryslag.
Dane Thiart het ’n brons medalje in die 50m vlinderslag verdien, en het vyfde in die 50m borsslag en vierde in die 50m vryslag geëindig.
PJ de Goede het sesde in die 50m borsslag geëindig. Marni van der Merwe het vyfde in die 50m borsslag geplaas en Emile Blignaut het ook vyfde in die 50m borsslag geëindig.
Vlak 1 swemmers
Dane Thiart: Vyfde 50m bors, brons medaljes vir 50m vlinderslag, 100m vryslag, 100m borsslag, 50m vryslag
Emile Blignaut: Brons medalje vir 50m borsslag, vierde in 50m vlinderslag, sesde in 50m rugslag, negende in 100m vryslag, tiende in 50m vryslag
Owen Thiart: Goue medaljes vir 100m rugslag, 50m borsslag, 50m rugslag, silwer medaljes vir 50m vlinderslag en 50m vryslag
Nico Coetzee: Agtste in 50m borsslag en negende in 50m vryslag
PJ de Goede: Silwer medaljes vir 50m borsslag, 100m vryslag, 100m borsslag, vierde 50m vryslag
Vlak 2 swemmers
Vlak 2 en 3 is interprovinsiale galas waar swemmers spesifieke tye moet swem om te kwalifiseer.
Marlien Crewe-Brown het vir die vlak 2 gala gekwalifiseer en twee goue medaljes vir die 50m vlinderslag en 50m vryslag gewen, en twee brons medaljes vir die 50m borsslag en die 50m rugslag. Sy is ook ingesluit by die 50m vryslagaflosspan wat ’n brons verwerf het.
Vlak 3 swemmers
Twee van die Hoër Volkskool se seunswemmers het vir die vlak 3 gala gekwalifiseer. Rianco Vermeulen en Llewellyn Crewe-Brown het hulleself goed van hulle taak gekwyt.
Albei het persoonlike bestes in meeste van hulle items geswem en is in die aflosspanne ingesluit waar elkeen ’n silwer medalje vir 100m vryslagaflos gewen het, asook ’n brons medalje vir die 50m wisselslagaflos.