Volkskool teen Andrew Rabie-uitslae

DIE Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het die afgelope naweek kragte teen die Hoërskool Andrew Rabie van PE gemeet.


DIE Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het die afgelope naweek kragte teen die Hoërskool Andrew Rabie van PE gemeet.

Die Baainaars het die Winderige stad se wind saamgebring Karoo toe, maar dit het nie Volk-skool se sportmanne en -vroue afgesit nie.

Op die hokkieveld het hulle die spel heeltemal oorheers en met ’n telling van 14-0 van die veld gestap. Die o.14A-netbalspan het ’n baie goeie dag gehad en het hul wedstryd 18-5 gewen. Die o.16A-span het ook goed opgewarm en met baie geesdrif op die baan gestap. Hulle het hul wedstryd 15-5 gewen. Die eerste span het hul gereed gemaak vir ’n titaniese stryd. Ná 40 minute op die baan, was almal moeg, maar baie trots op hul telling van 46-1.

Op die rugbyveld het dit ook baie goed gegaan. Die o.14’s was halftyd 15-3 voor. Ongelukkig het die wind hul bietjie deurmekaar gewaai tydens die tweede helfte en het hulle die wedstryd naelskraap 15-17 verloor.

Die o.15-span het hul wedstryd gemaklik met 31-17 gewen.

Die eerste rugbyspan het voluit gespeel. Die eindtelling vir hul wedstryd was ’n trotse 57-0.

You need to be Logged In to leave a comment.