DIE Hoërskool Middelburg strewe daarna om ’n gebalanseerde kind met die uitdagings wat hedendaagse omstandighede meebring, op te voed en te onderrig.
Ons beskou die plattelandse milieu waarin ons onsself bevind as ’n groot voordeel. By Middies kan ’n kind nog kind wees sonder dat hy/sy enige geleenthede ontneem word. Hier kan ’n kind blootgestel word aan ’n magdom van aktiwiteite sonder dat hy noodwendig in ’n stad hoef te wees. Die fokus lê verder ook vir ons op die optimale ontwikkeling van die individu en poog ons nie om van u kind ’n sogenaamde ‘’tropdier’’ te maak nie.
Hier volg slegs ’n paar hoogtepunte wat Middies in die afgelope paar maande beleef het:
- Janico Snyman word aangewys as Beste Matriekleerder in die Chris Hani-Wes-distrik. Hy behaal sewe onderskeidings en onder meer 100% in rekeningkunde!
- 4 spelers haal die OP Plattelandspan.
- JP Joubert se taak oor kapillariteit van water in verskillende grondsoorte in die afwesigheid van gravitasie word deel van NASA se Zero G-vlug.
- 16 atlete neem deel aan die Oos-Kaap-byeenkoms en 11 medaljes word vero-wer. Megan Newton verteenwoordig die OP-span by die SA-byeenkoms. ’n Hamergooi-kliniek word ook by Middies deur die bekende Charlie Koen aangebied.
- 4 van Middies se o.15-spelers word in die Karoo-span, wat die vakansie aan ’n toernooi in Aliwal-Noord deelneem het, opgeneem (o.18-proewe is nog nie afgehandel).
- 10 spelers word opgeneem in die Oos-Kaap-netbalspan. ’n Afrigtingskliniek deur die bekende Retha de Lange word ook by die skool aangebied.
- 3 leerders neem deel aan ’n kompetisie in Port Elizabeth.
- Ds. Dirk de Bruyn en pastoor Nico Luther raak betrokke en die skool stel ook ’n nuwe jeugwerker aan.
- Middies wen ’n toernooi op Cradock.
Middies kan nog oor ontelbare prestasies spog, maar kom woon liewer die Opedag op Vrydag, 25 Mei by of kom kuier saam by die skool se Erfenis-naweek van 21 tot 23 September om meer oor hierdie skool in die hart van die Karoo te hoor.
Een keer ’n Middie, vir altyd ’n Middie!
– JOHANETTE VAN HEERDEN