VERLEDE week se sybokhaar-veiling van Cape Mohair & Wool (CMW), vesel-afdeling van die OVK-groep van maatskappye, het uitstekende resultate gelewer.
Op die amptelike veiling in die Sybok-haarbeurs in Port Elizabeth was ’n twee- jaar oue kategorie wêreldrekordprys vir grootbokhaar, te midde van groot opgewondenheid, aan flarde toe die De Lateganskuil Boerdery van Coenie en Gawie Lategan van die Aberdeen-distrik R322/kg vir die lot behaal het. Dit het die rekord van Richard Herold van Graaff-Reinet, opgestel in 2015, met R2/kg verbygesteek. Die baal het 29.1mikron getoets, met ’n skoonopbrengs van 86.3%.
Pierre van der Vyver, bestuurder van die sybokhaarafdeling by OVK, berig dat hulle eweneens baie trots is op die CMW-saamverpakkingsafdeling wat op dieselfde veiling ’n vier-jaar oue wêreldrekordprys gebreek het. Die rekord-bedrag was R317,10/kg vir gewone grootbokhaar. Hierdie baal het 30.1 mikron getoets, met ’n skoonopbrengs van 87.5%. Albei lotte is deur ’n plaaslike verwerker aangekoop.
Die hoogste prys van die dag was R480/kg en het gegaan aan Phlippie Retief van Boksfontein Boerdery in die Murraysburg-distrik.
Hierdie prys is betaal vir ’n goeie-styl baal van 21.9 mikron met ’n 90.2% skoonopbrengs.
Hierdie spesifieke baal is volgens die EGT-proses (“Every Goat Tested”) voorbe-rei.