Werklose mans maak ‘n plan

MET ’n leuse van “Ons maak ’n plan” het ’n klompie jong mans van Michausdal in Cradock die herstel van gevaarlike slaggate in die strate van hulle omgewing self aangepak.


MET ’n leuse van “Ons maak ’n plan” het ’n klompie jong mans van Michausdal in Cradock die herstel van gevaarlike slaggate in die strate van hulle omgewing self aangepak.

Inwoners beweer al die strate is vol slaggate en niks word glo deur die Inxuba Yethemba-munisipaliteit gedoen om die probleem op te los nie.

Selwyn McMaster van die Wyk 4-komitee in Michausdal, wat die inisiatief gehad het om die projek te begin, het gesê hulle besef die herstelwerk is nie permanent nie, omdat swaar reën die grond waarmee hulle die herstelwerk doen, kan uitspoel. Maar hul glo hul pogings in die tussentyd kan baie help om skade aan voertuie te beperk.

“As die reën dit uitspoel, sal ons maar net weer inspring,” het hy gesê.

Volgens Preston Holster het die manne, wat almal werkloos is, bymekaar gekom om gratis gemeenskapsdiens te doen. Die enigste werktuie wat hulle het, is een kruiwa, een graaf en een stamper. Hulle gebruik leë koeldrankbottels om die nodige water vir die projek aan te dra.

Xavier Farao het gesê party van die gate is so groot dat dit ’n hele kruiwavrag grond neem om hom toe te gooi. “Ons gooi dan water op en stamp die grond baie stewig vas,” het hy verduidelik. Vervolg na bl.2

You need to be Logged In to leave a comment.