W.G. Olivier skoolhoof tree ná 35 jaar af

OP Donderdag 22 Maart het die W.G. Olivier Primêre Skool in Somerset-Oos ’n afskeidseremonie vir hul geliefde skoolhoof M.J. Horne gehou wat ná 35 jaar in die onderwys en 22 jaar as skoolhoof die tuig neerlê.

Horne, wat in 1997 op ’n baie jong ouderdom as skoolhoof aan-gestel is, het dié pos vir die langste tydperk in die skool se geskiedenis gevul.

Tydens die seremonie het leerders van die skool pragtige boodskappies, gediggies en liedjies aan hul geliefde skoolhoof voorgehou. Sy gesinslede en familie kon toe eerstehands ervaar hoe gewild Horne onder sy leerders is.

Die plegtigheid is deur die skoolhoofde van William Oats Primêr, St. Teresa’s, Gill Primêre Skool en Gill-Kollege bygewoon.

Ten spyte daarvan dat Horne se uittrede uit die onderwys ’n massiewe leemte laat, is die skool dit eens dat hy die rus verdien.

Horne sal nog lank deur kollegas, leerders en die ouergemeenskap van W.G. Olivier gemis word!

You need to be Logged In to leave a comment.