Wilde Weste heers in Cradock se strate

CRADOCK se strate het verlede Vrydag gelyk soos ’n grepie uit ’n Wilde Weste-film met ’n gesteelde bakkie en twee vermeende skelms wat deur die polisie en ’n voertuig van ’n veiligheidsmaatskappy gejaag word.

Omstanders wat glo die petalje aanskou het, het beweer dat daar ook skote geskiet is.

Volgens kapt Lariane Jonker, polisie- woordvoerder, is ’n vrou van SASKO glo laat Vrydagoggend deur twee gewapende mans voor ABSA bank voorgekeer en met ’n vuurwapen gedreig. Hulle het die banksak met geld afgeneem en in haar Ford Ranger bakkie van die toneel weggejaag.

Die polisie was vinnig op hul spoor en kon die twee verdagtes gou-gou vastrek nadat hulle in ’n boom vasgejaag het.

Die mans, onderskeidelik 38 en 30 jaar oud, staan tereg op klagte van voertuigdiefstal, roof van ’n onbekende bedrag geld en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Brig. Madoda Zimkana het die polisiemanne geluk gewens met hul flink optrede en sy dank uitgespreek dat nog ’n ongelisensieerde vuurwapen uit die gemeenskap verwyder is.

You need to be Logged In to leave a comment.