William Oates leerders vier Menseregtedag

VIER mense nog Menseregtedag? Baie beskou dit as net nog ’n vakansiedag om te braai en agteroor te sit met handjies wat die saligheid beloof is.

Marenda Horne vertel leerders van Menseregtedag.FOTO: VERSKAF

Credit: SYSTEM

VIER mense nog Menseregtedag? Baie beskou dit as net nog ’n vakansiedag om te braai en agteroor te sit met handjies wat die saligheid beloof is.

By die Laerskool William Oates het die dag beslis meer betekenis en is die woord Menseregte deel van hul woordeskat. Die jeug word elke jaar daarvan bewus gemaak dat hulle ook regte het wat daar is om hulle te beskerm.

Hierdie jaar het dr. Marenda Horne die les ge-lei met behulp van ’n kleurvolle banier waarop die Suid-Afrikaanse simbole en vlag aangebring is. Sy het die leerders weer eens daarop attent gemaak dat hulle regte in die Suid-Afrikaanse Handves vir menseregte beskerm word. Hierna is ’n kort drama opgevoer wat deur al die leerders en die onderwysers geniet is.

You need to be Logged In to leave a comment.