Winterskool begin op lae noot vir matrikulante

VIR 58 leerders van die Hoërskool Newtown op Fort Beaufort, wat ’n winterskool by ’n plaaslike departementele koshuis bywoon, kon hul klasse met inkloktyd die afgelope Sondag nie op ’n laer noot begin het nie.


VIR 58 leerders van die Hoërskool Newtown op Fort Beaufort, wat ’n winterskool by ’n plaaslike departementele koshuis bywoon, kon hul klasse met inkloktyd die afgelope Sondag nie op ’n laer noot begin het nie.

Kontrakteurs is tans besig met herstelwerk aan die Hoërskool Thubalethu se vele koshuise. Soos die ongeluk dit wou hê, is matrikulante van Newtown in een van die gedeeltes wat nog nie opgeknap is nie, opgeneem.

Onstelde leerders van dié skool het Mid-Karoo Express die afgelope Sondag gekontak om hul ontevredenheid met hul akkommodasie uit te spreek.

Hulle is begroet deur deurlose kamers, stukkende hangkaste, beddens met halwe matrasse en lasterlike graffiti op die koshuiskamers se mure. ’n Senior leerkrag wat aan die skool verbonde is, maar verkies het om anoniem te bly, het die toestand van die kamers bevestig en gesê dat dit ongelukkig is dat die leerlinge in die deel van die skool opgeneem is waar opknappings-werk nog nie begin is nie.

“Vandalisme van koshuise deur leerders is ’n landwye probleem en ongelukkig het ons hier op Fort Beaufort dit ook nie vrygespring nie,” het sy gesê.

Matrikulante van verskeie skole in die Amatole-Wes-distrik woon die winterskool – wat oor die eerste week van die vakansie strek – by.

“Ons het hier opgedaag met silwerskoon beddegoed en nou moet ons onder hierdie haglike omstandighede ons beddens opmaak.

Die storte is vuil en op die mure is lelike slagspreuke,” het Lauren Flannegan, een van die leerders gekla.

Luidens ds. Margerie Fester het sy begrip vir die leerlinge se ongelukkigheid, maar sy glo haar skool se matrikulante het die ekstra klasse broodnodig.

“Newton sit al meer as ’n jaar sonder ’n Afrikaanse onderwyser en die kinders het hierdie klasse broodnodig, dis net ongelukkig dat hul akkommodasie nie na wense is nie,” het Fester by navraag gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.